Author
Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis, is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hulle lewensreis.
Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en verse. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge?
Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde gereed hê oor die lewe en onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God.
Hierdie dagstukkies gebruik die tema van ‘n padreis om jou te inspireer om nader aan God te leef en volkome op Hom te vertrou. Kom Saam en leer Jesus Christus beter ken teen jou eie pas, begryp hoe innig God jou liefhet en hoe naby Hy regtig elke dag langs jou stap.
Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en afgemat. Leef jou nuwe lied is ’n uitnodiging van die bekende skrywer Elsa Winckler en haar pastoor-sussie Sonja Goldberg om saam deur die jaar te
stap met jou hand stewig in jou Vader s’n. Ontdek ’n nuwe lied in jou hart deur hierdie 200 dagstukkies en weet Hy is daar vir jou. Hy sal jou in staat stel om vreesloos in liefde te leef.
RSG Potgooi Vroegoggend / Aandgedagtes
https://omny.fm/shows/vroegoggendgedagte-1/vroegoggendgedagte-25-september-2023